Sirië kondig verkiesingsdatum aan

Deel op
Hillary skree dat 4 dooie Amerikaners in Benghazi 'geen verskil' maak nie
Hillary skree dat 4 dooie Amerikaners in Benghazi ‘geen verskil’ maak nie

Die speaker van die Parlement in Sirië sê ‘n presidensiële verkiesing sal op 3 Junie gehou word, ten spyte van ‘n insurgente-oorlog wat nou al vir drie jaar lank woed en waarin talle Christene gedood is.

President Bashar al-Assad kan selfs die enigste kandidaat in die verkiesing wees as die ander partye weier om deel te neem. Assad se gewildheid is tans hoër as ooit.

Assad het ‘n week gelede aangedui dat sy weermag besig is om die oorlog teen die rebelle wat van buite befonds word, te wen.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat die CIA wapens uit Libië deur Turkye smokkel om ‘n insurgensie teen die verkose Assad te help.

Die openbare verhore oor die Benghazi-skandaal in Libië waarin ‘n Amerikaanse ambassadeur en drie ander Amerikaners dood is in 2012, het gelei tot die gevolgtrekking dat die VSA betrokke was by die smokkel van wapens na rebelle om Assad uit die kussing te lig.

Die Benghazi-skandaal kan Hillary Clinton se ambisie om president te word, kelder. Dit het aan die lig gekom het dat sy gelieg het oor die rol wat die VSA gespeel het om ‘n smokkelnetwerk te bedryf om ‘n opstand in Sirië te bewerkstellig.

Die ondersoekende joernalis Seymore Hersh het onlangs onthul dat die gifgasaanval ‘n swart operasie deur die rebelle was met die doel om ‘n Amerikaanse aanval op Assad te loods.

Die Turkse regering, ‘n Amerikaanse bondgenoot en NAVO-lid, het die Saringas vervaardig en aan jihadi-ekstremiste gegee tesame met die opleiding om die gifgasaanval in Damaskus uit te voer, terwyl dit moes lyk asof Assad daarvoor verantwoordelik was.

Hersh sê selfs dit was genl. Martin Dempsey wat president Barack Obama enkele dae voor die beplande Amerikaanse aanval op Sirië oortuig het om terug te staan omdat die getuienis nie sterk genoeg was om ‘n so ‘n aanval te regverdig teen die Siriese regime nie.

Dit mag ook wees dat die VSA hul eie spore probeer doodvee deur die skuld op Turkye af te stoot.

Indien Assad verkies word sal dit vir ‘n derde sewe-jaar termyn wees, al dring opposisie-partye daarop aan dat hy geen rol in ‘n oorgangsproses in die land kan speel nie.

Volgens berigte het rebelle bomme laat ontplof slegs meters van die Parlement af, kort voordat die verkiesingsdatum aangekondig is.

Twee mense is in die ontploffing dood, en ‘n aantal is beseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.