Wit tiener red Duitse drenkelinge

Deel op
Oosstrand, Port Alfred
Oosstrand, Port Alfred

’n Wit tiener het die lewens van ’n Duitse gesin gered wat besig was om te verdrink by Port Alfred se oostelike strand, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Donderdag gesê.

“Dit het gelyk of die pa se voete Woensdag deur die strome onder hom uitgeslaan is. Sy dogter en seun het hom toe te hulp gesnel,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, gesê.

Hulle het teen die stroom geswem om weer by die strand te probeer uitkom, het Lambinon gesê.

’n Sewentienjarige plaaslike inwoner, Jaco Roussouw, was op die strand en het hulle te hulp gesnel.

“Hy het alarm gemaak en die water ingestap. Hy het toe instruksies na die gesin geroep en hulle aangeraai om parallel met die strand te swem [om uit die sleurstroom te kom],” het Lambinon verduidelik.

“Die dogter, wat Jaco se instruksies gehoorsaam het, het toe haar pa gesleep tot hulle uit die sleurstroom was. Jaco het hulle toe gehelp om uit die water en tot op die strand te kom.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.