Die video-opname van die bekentenis deur ʼn swart Suid-Afrikaners oor vier moorde is deur ʼn Amerikaanse hof verwerp.
Regter Albert Mitchell het beslis dat Muziwokuthula “Muzi” Madondo se staats- en federale regte geskend is omdat sy versoeke vir ʼn prokureur en sy versoek om nie met die polisie te praat nie, geïgnoreer is.
Daar is vermoed dat hy ‘n mede-immigrant asook ‘n bankwerknemer voorheen vermoor het.
Madondo sal nogtans in die Quay County-streekshof in Nieu-Mexiko verskyn vir twee van die vier moorde – dié van pa en seun Bobby Gonzales (57) en Gabriel Baca (37).
Madonda het reeds onskuldig gepleit op die moorde. Hy het die twee mans na bewering in ʼn motel in Tucumcari doodgeskiet waarna hy na Texas gevlug het.
Hy is in 2011 vir die moorde in hegtenis geneem.