Nadal is nou drie oorwinnings weg daarvan om die ATP se topposisie in te neem.
Indien hy die titel eerskomende Sondag in die Cincinnati-meester wen, is sy kop deur.
Kroasië se Ivo Karlovic het Federer met 7-6 , 4-6, 7-6 verslaan, wat die deur vir Nadal oopgemaak het.
Die Spanjaard jaag al die hele seisoen vir Federer, wat reeds 12 grand slam-titels op sy kerfstok het.