RSG-debat woed om Afrikanerstemme

Deel op
Dreyer, Mulder en Roodt
Dreyer, Mulder en Roodt. Cobus Bester van RSG heel regs

‘n Verkiesingsdebat wat Woensdagoggend deur die Afrikaanse radiostasie RSG gereël is in aanloop tot 7 Mei, het groot belangstelling gaande gemaak.

Die drie genooide gaste was Dr Dan Roodt van die Front Nasionaal, Dr Pieter Mulder van die VF+ en Anchen Dryer van die DA.

Die debat was van meet af aan skril met Dreyer wat klaarblyklik eerder op persoonlke aanvalle wou konsentreer as die DA se swaai na swart kiesers.

Dreyer het Roodt daarvan beskuldig dat hy nie ‘n ware Afrikaner is nie omdat hy nie diensplig gedoen het nie, terwyl Mulder dit beaam het.

Roodt het verbaas gereageer en gesê die DA wat die Kerkstraatbom en ander terreuraanvalle vandag omhels as hul eie, kan seker nie terselftertyd “verregs” wees in hul bekommernis oor diensplig nie. Dreyer het self nie diensplig gedoen nie.

Roodt het die kleinlike vlak van debatvoering betreur en gesê plaasaanvalle, buitensporige misdaad en die volksmoord op wit Afrikaners verdien eerder aandag.

Mulder het Dreyer daarop gewys dat sy ernstige wanvoostellings maak ook die DA se verbintenis tot taal en regstellende aksie. Dreyer het tydens die debat voorgegee dat tandelose voorstelle in die parlement die DA se verbintenis tot Afrikaans bewys, maar Mulder het haar daarop gewys dat die DA Afrikaners telkens ondergrawe in die komitees waar dit werklik saakmaak.

Dreyer het die DA se verbintenis tot grondgryp as ‘n manier om swart kiesers te trek verduidelik. Die DA is ten gunste daarvan dat plaaswerkers mede-eienaars van plase word soos die nuwe voorgestelde wetgewing bepaal. Die DA meen die mede-eienaarskap in die Wes-Kaap dui reeds op ‘n groot sukses.

Mulder het in sy hoedanigheid as die ANC se adjunk-minister van landbou gesê die VF+ is nie gekant teen ‘n aandeleskema nie. Roodt het gesê die FN is onbeskaamd regs as dit by eienaarskap kom en die nuwe voorgestelde grondwetgewing is totaal Marxisties en onaanvaarbaar vir ‘n vryemarkstelsel.

Roodt het na Leon Louw van die Vryemarkstigting se werk oor die kantonstelsel vir Suid-Afrika verwys en gesê die FN streef na kantonale selfstandigheid waar Afrikaners self besluit oor hul skole en gemeenskappe aangesien dit nie vir almal moontlik is om na Orania of Kleinfontein te verhuis nie.

Dryer het deurentyd skril voortgegaan om die DA ‘n as “groot” party voor te hou wat die ANC kan troef.

Beide Roodt en Mulder het haar herinner dat dit ‘n belaglike versinsel is, aangesien die DA ‘n ewe klein party as die vele ander opposisiepartye is en geen kans staan om die ANC uit te knikker nie, ook nie in Gauteng nie.

Roodt het in ‘n tussenwerpsel Dreyer daaraan herinner dat die Wes-Kaap met die hoogste misdaadsyfer spog nadat Dreyer die Wes-Kaap as ‘n modelprovinsie beskryf het.

Uit die gehoor het die DA se voormalige wit skaduminister van basiese onderwys, ‘n aanval op Niekie van den Berg geloods wat intussen oorgeloop het na die VF+. Junita Kloppers-Lourens het Van den Berg as ‘n gierigaard beskryf wat sy werk by die SAUK bedank het vir meer geld.

Mulder het daarna vir Kloppers-Lourens herinner dat sy die VF+ vir ‘n pos kom smeek het omdat sy haar posisie by die DA kwyt is om plek te maak vir swartes.

Alhoewel die drie partye is op Afrikanerkiesers gerig is, het Dreyer en Mulder gesê hulle wil bruin en swart kiesers ook lok.

Die aanbieder, Cobus Bester, het met ‘n vraag aan Roodt gesuggereer dat die Afrikaner nie bestaan nie en behalwe Roodt was die aanbieder en ander deelnemers versigtig om nie die woord “Afrikaner” te gebruik nie en het deurlopend na “Afrikaanssprekendes” verwys.

Ironies egter is dat beide die VF+ asook die DA se teikenmark Afrikaners is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.