Nadal kruip nader aan die bokant van die punteleer

07:39:32 Rafael Nadal kruip nader aan die nommereenposisie in tennis nadat hy die Duitser Tommy Haas geklop het.

Nadal is nou drie oorwinnings weg daarvan om die ATP se topposisie in te neem.

Indien hy die titel eerskomende Sondag in die Cincinnati-meester wen, is sy kop deur.

Kroasië se Ivo Karlovic het Federer met 7-6 , 4-6, 7-6 verslaan, wat die deur vir Nadal oopgemaak het.

Die Spanjaard jaag al die hele seisoen vir Federer, wat reeds 12 grand slam-titels op sy kerfstok het.

машины на радиоуправлении

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.