Aansoeke om spesiale stemme sluit vandag

Deel op

iecBejaardes en gestremdes moet hulle aansoeke om spesiale stemme vir die verkiesing voor die spertyd van vyfuur vanmiddag inhandig.

Die spesiale stemme is vir kiesers wat nie op 7 Mei by stembusse kan gaan stem nie. Hulle sal op 5 en 6 Mei kan stem.

Meer as 75.000 aansoeke vir spesiale stemme is reeds goedgekeur.

Daar is twee kategorieë van spesiale stemme, naamlik huisbesoeke en spesiale stemme by geregistreerde stemlokale.

Die Onafhanklike Verkiesingsowerheid sê bykans 57.000 van die aansoeke is vir huisbesoeke.

Mense wat op 7 Mei nie by hul stembusse kan stem nie, kan ook aansoek doen om ‘n spesiale stem uit te bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.