Buitelanders se winkel geplunder, gebrand by Rustenburg

Deel op

fireBuitelanders se winkel in Lethabong in Rustenburg is Woensdag geplunder en aan die brand gesteek, het die polisie in Noordwes gesê.

Drie Chinese burgers is deur vier gewapende swartes aangeval wat die perseel met geweld binnegedring het, het kol. Sabata Mokgwabone gesê.

Hy het gesê die mans vasgebind deur die drie en geld is by die winkeleienaars geëis.

“Hulle het na bewering met kontant ten bedrae van R10.000, lugtyd-bewyse, en sigarette met ‘n geraamde waarde van R30.000 weggekom.”

Mokgwabone het gesê die mans het die winkeleienaars aangerand en daarna hul winkel aan die brand gesteek.

Hy het gesê die Chinese is na ‘n plaaslike kliniek geneem vir behandeling.

‘n Klag van roof en brandstigting word ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.