DA sê Olievenhoutbosch-oproer nie verby

Deel op

olievenhoutSes mense is in hegtenis geneem na Dinsdag se gewelddadige oproer by Olievenhoutbosch suid van Pretoria.

Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Twee mense is tydens die oproer beseer.

Die DA sê die oproer sal voortgaan omdat daar nie genoeg geriewe vir plakkers is nie. Hulle sê die DA is ‘n party wat “omgee”.

Oproeriges was glo ook ontstoke dat die Mooiplaas-lokasiebewoners na Olievenhoutbosch verskuif is.

Ander bronne beweer weer die gebrek aan krane by Chobe-plakkers is die werklike probleem.

Daar is voorts bronne wat beweer dat die opstand oor die toekenning van HOP-huise gaan.

Olievenhoutbosch is een van die nuwe uitbreidings vir die opkomende swart middelklas.

Die geweld het uiteindelik in aanvalle op buitelanders ontaard. Woedende inwoners het Dinsdagaand winkels geplunder wat aan Pakistanse burgers behoort.

Berigte dat die Pakistani’s skote op die oproerige skare afgevuur het, kon nie bevestig word nie.

Die woordvoerder van die Tshwane metropolisie, Isaac Mahamba sê bewerings van ‘n skietery word ondersoek.

Die situasie in die gebied is tans kalm, en die paaie is weer oopgestel, maar motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

DA-leier, Helen Zille het by die Chris Hani-lokasie in Hammanskraal, noord van Pretoria sonkrageenhede uitgedeel om stemme te koop.

Sy het die plakkers ook huise en “skoon regering” belowe. Zille het soos verwag, niks oor misdaad gesê nie, aangesien die Wes-Kaap waar die DA regeer, die provinsie met die hoogste misdaadsyfer is.

Zweli Mkhize het Woensdag ’n voormalige DA-raadslid wat na die ANC oorgeloop het by die party verwelkom. Solani Gudluza sê hy was van 1999 af ’n lid van die DA, maar die party kom nie hul beloftes na nie.

“Ek is ’n harde werker, maar die DA vervolg jou daarvoor … jy word nooit beloon nie,” het Gudluza aan verslaggewers gesê.

Suid-Afrikaners het vertroue in die regerende ANC, het die party se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, Woensdag in Soweto gesê.

“Daar is ’n baie groot aantal mense wat, terwyl ons veldtogte voer, aandui hulle wil met die ANC identifiseer,” het hy aan verslaggewers op ’n ANC-veldtog in Freedom Park gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.