Reserwebank beboet banke oor gebrek aan geldwassery-maatreëls

Deel op

standardStandardbank is ‘n boete van 7,6 miljoen pond in Januarie opgelê deur die Britse Finansiële Gedragskode-owerheid nadat die bank in Londen se eenheid glo nie ‘n voldoende beleid of prosedures in plek gehad het vir korporatiewe kliënte wat verbind word aan politieke figure nie.

Die boete is ingestel sodat maatreël ingestel kan word om korporatiewe figure te beskerm van beskuldigings van geldwassery.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandeesweek aangekondig dat die land se vier grootste banke met 125 miljoen rand beboet is weens plaaslike swak maatreëls teen geldwassery.

Die Reserwebank het in ‘n verklaring gesê nadat hulle die banke beboet het, dat Standard Bank 60 miljoen rand moes opdok, First Rand 30 miljoen rand, Nedbank 25 miljoen rand.

Die Britse Barclays groep wat Absa insluit, is met net 10 miljoen rand beboet.

Die Reserwebank sê egter die administratiewe strafmaatreëls is nie ‘n aanduiding dat die betrokke banke op enige wyse wel by transaksies met geldwassery betrokke was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.