Oproer in Giyani, Limpopo strand motoriste

Deel op

giyaniOproeriges van ses nedersettings buite Giyani in Limpopo het die hoofpad met takke versper en het ‘n sloot in die pad gegrawe.

Hulle sê die departement van vervoer het al jare gelede beloof om ‘n pad tussen Maphalle en Babangu te bou, maar daar het dadels van gekom.

Die oproermakers eis dat ‘n teerpad gebou word.

Vier klinieke is ook gesluit en skole is deur die oproer ontwrig.

Hulle sê die pad, wat ‘n aantal dorpe verbind, is al vir meer as tien jaar op ‘n lys om geteer te word, maar niks word daaraan gedoen nie.

Motoriste in die gebied is gestrand nadat die ontevredenes die deurgange onbegaanbaar gemaak het.

Die oproermakers gaan hul blokkade volhou totdat die LUR vir vervoer ‘n spesifieke datum kan gee vir wanneer bouwerk aan die pad in aanvang neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.