Burgeroorlog dreig in Oekraïne

Deel op

medwedefmerkelDie krisis in die Oekraïne het die land tot op die randjie van burgeroorlog gebring, het die Russiese president Vladimir Poetin aan die Duitse kanselier Angela Merkel tydens ‘n telefoonoproep gesê.

Poetin en Merkel het die komende krisisgesprekke tussen Rusland, die Oekraïne, die EU en die VSA, geskeduleer vir Donderdag in Genève, bespreek.

“Terwyl daar verskille in die interpretasie van die huidige gebeure is, is die voorbereidings vir die beplande vergadering in Genève … die fokus van die gesprekke, ” het Merkel se kantoor in ‘n verklaring gesê.

Die Russiese premier, Dmitry Medwedef het ook gewaarsku dat die Oekraïne op die rand van ‘n burgeroorlog verkeer.

Die president het beklemtoon dat die stabilisering van die Oekraïnse ekonomie ‘n voorvereiste vir ‘n vreedsame oplossing is.

Moskou het Dinsdag die internasionale vennote se onlangse anti- grondwetlike aksies in die suidooste van die Oekraïne skerp veroordeel, en glo dit kan lei tot rampspoedige gevolge.

“Ons is diep bekommerd oor die militêre operasie wat van stapel gestuur word deur die Oekraïense spesiale magte, met ondersteuning deur die weermag. Daar is reeds slagoffers,” het die Russiese ministerie van buitelandse sake in ‘n verklaring gesê.

Russiese diplomate het gesê dit verteenwoordig ‘n kriminele oortreding vir die Oekraïne om te veg teen sy eie mense wat eis dat hulle wettige regte beskerm word.

“Huidige gebeure demonstreer volgehoue ​​onwilligheid van Kiëf se owerhede om ‘n dialoog te organiseer met Oekraïene se streke, wat noodsaaklik is vir die land,” lui die verklaring.

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lafrof het egter twyfel oor die samesprekings laat ontstaan. Hy sê die Oekraïne kan nie kragdadig optree en dan verwag dat samesprekings plaasvind nie.

Die Oekraïne het aangekondig dat sy magte beheer oorgeneem het oor ‘n vliegveld in ‘n Russiese gebied.

Luidens berigte is 4 mense in skermutselings dood. Dit is deel van ‘n aanslag om beheer oor te neem van verskeie staatsgeboue in die ooste van die land.

Europa is verdeel oor moontlike sanksies teen Rusland met die Griekse minister van finansies, Evangelos Venizelos wat diplomasie voorstaan en Luxemburg se minister van buitelandse sake Jean Asselborn wat aangedui het dat die EU nie moet optree nie, terwyl Pole vir optrede teen Rusland pleit.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.