ANC steun OVK-voorsitter na korrupsieklag

Deel op
Eisj, onbeweegbaar
Eisj, onbeweegbaar die Pansy

Die regering sê geen geweld of ontwrigting sal tydens die algemene verkiesing op die Mei 2014 geduld word nie, het RSG berig.

Die ANC sê hy is vol vertroue dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie ‘n geloofwaardige en regverdige verkiesing sal aanbied.

Die ministers in die veiligheidsgroepering het Maandag die media in Pretoria toegespreek en verklaar dat die regering gereed is vir die verkiesing. Hulle sê hulle verwag dat alles vlot sal verloop, ondanks sekere interne kwessies by die OVK.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het intussen op sy beurt die versekering gegee dat hy voorbereid is op enige uitdagings wat moontlik tydens die komende verkiesing kan opduik.

Dit sluit in die moontlikheid van bedorwe stembriewe, nadat die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils ‘n beroep op kiesers gedoen het om dié uitweg te kies indien hulle nie vir die huidige ANC kan stem nie.

Nelson Mandela se lewenslange vriend, George Bizos, sê om stemme te bederf of nie te stem nie, weerspreek alles waarvoor Madiba gestaan het.

Hy het in Johanensburg gereageer op veldtog wat vandag deur onder meer die voormalige intelligensie-minister, Ronnie Kasrils geloods word.

Bizos sê hy sal definitief sy stem op 7 Mei bederf nie, want dit is ‘n reg waarin Nelson Mandela baie sterk geglo het. Die veldtog is deur verskeie politieke partye veroordeel.

Die hoof van die OVK in die Noord-Kaap, Bonolo Modise sê daar was bykans 7000 bedorwe stembriewe in die 2009 verkiesing.

‘n Stembrief word as bederf geklassifiseer indien dit nie duidelik is vir wie die kieser gestem het nie.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê regstappe sal geneem word om die voorsitter van die OVK, Pansy Tlakula te dwing om te bedank.

‘n Groep opposisiepartye het Tlakula tot die einde van sake-ure gister tyd gegee om te reageer op hul oproep dat sy moet bedank.

Die groep sluit na bewering die UDM, die EFF, Cope, Agang SA, Azapo, die ACDP en die UCDP in.

Hulle eis Tlakula se bedanking as gevolg van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se bevindinge dat Tlakula skuldig is aan ongerymdhede in verband met ‘n tenderproses by die OVK.

Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het vroeër gesê die verkiesingskommissie kan nie deur iemand gelei moet word wat onder verdenking van korrupsie is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.