Bejaarde met byl doodgekap in derde bylaanval noord van Pretoria

Deel op

plaasmoordeVyf swart aanvallers het ‘n bejaarde man en sy vrou van Bon Accord, noord van Pretoria, Saterdagmiddag met ’n graaf en ’n byl op hul kleinhoewe aangeval.

Laszlow Bercsényi (87) het vroeg Sondagoggend aan sy wonde beswyk nadat vyf rowers hom en sy vrou aangeval het.

Dit is die derde byl-aanval die afgelope week in dié omgewing.

Sy vrou, Carol (68), het die aanval oorleef. Sy verkeer tans in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal.

Carol is herhaaldelik met ’n graaf geslaan buite die huis, en Laslow met ’n byl gekap waar hy binne die huis was.

Carol het die bure geroep, waarna die polisie ontbied is. Sy weet skynbaar nog nie dat haar man oorlede is nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.