Greenpeace weier walvisvleisvragskip in Durban

Deel op
Walvisjagter skiet harpoen
Walvisjagter skiet harpoen

Greenpeace, die internasionale omgewingsorganisasie, het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Ysland se vragskip in hul hawens te verbied en ander Afrikalande tot soortgelyke stappe te oorreed.

Suid-Afrika is gevra om druk op Afrika-lande uit te oefen sodat die vragskip met bedreigde vin-walvisvleis aan boord, nie toegelaat word om by hulle hawens aan te doen nie.

Die skip is in Durban geweier en kon nie in die hawe aandoen nie, nadat sowat 21.000 Suid-Afrikaners Greenpeace in die protesaksie gesteun het.

Die skip, Alma, is met die walvisvleis op pad na Japan. Die vleis van die bedreigde walvis is veronderstel om in Tokio afgelaai te word en die skip moet halfpad brandstof inneem.

Die protesaksie volg nadat die Internasionale hof van Justisie Japan twee weke gelede gelas het om die jag van walvisse dadelik te staak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.