DA-advertensie hits geweld aan

Deel op
Hits geweld aan
Hits geweld aan

Die SAUK het gesê die DA kan ‘n gewysigde weergawe van sy verkiesingsadvertensie indien omdat die huidige een geweld aanhits.

Die uitsaaier het Vrydag ‘n beroep op die Demokratiese Alliansie gedoen om ‘n gewysigde weergawe van hul “Ayisafani” advertensie in te dien nadat dit onttrek is.

“Ons het … hulle ingelig [ Demokratiese Alliansie ] dat hulle geregtig is om ‘n gewysigde weergawe van die genoemde advertensie in te dien,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder gesê.

In ‘n brief, het die SAUK se waarnemende uitvoerende hoof, Tian Olivier gesê hulle sal nie langer in staat wees om die advertensie op radio en televisie uit te saai nie, want dit hits geweld aan.

“Die Okosa-regulasie op politieke reklame stel dit duidelik dat daar nie aanhitsing tot geweld mag wees nie.

“Ons is van mening dat die verwysing in julle televisie-advertensie na die polisie wat ons mense dood, ‘n rede is vir aanhitsing teen die polisiediens,” het Olivier gesê in die brief.

Verskeie dorpe in Noordwes is tans in opstand teen die polisie, winkeleienaars, plaaslike raadslede en die oproeriges het reeds miljoene rande se skade veroorsaak soos hulle aangemoedig word om in opstand te kom teen “dienslewering”.

Die premier van Noordwes, Thandi Modise het ‘n beroep gedoen op leerlinge gedoen om terug te keer skooltoe. Die gewelddadige oproer, brandstigting, plundery en vandalisme het in Bloemhof, Christiana, Itseseng en Khunotswane voorgekom.

In die advertensie gesels die DA se Gautengse premierskandidaat en Mmusi Maimane met homself in ‘n spieël. Hy sê die lewe vandag is beter as wat dit was 20 jaar gelede was en gee krediet aan die terroristeleiers wat glo hy het die land “vorentoe” geneem het.

Dan sonder hy Zuma, verlore werksgeleenthede, Nkandla en polisiebrutaliteit uit waarteen kiesers hulself moet verset.

Olivier het bygevoeg in die brief dat die Verkiesingskommissie se gedragskode ‘n klousule insluit wat ‘n verbod op die publikasie van vals inligting bevat.

Olivier sê die bewerings oor Nkandla is nog nie in ‘n hof getoets nie.

Hy het verder gesê dat die Kode van die Advertensiestandaardeowerheid van Suid-Afrika (ASA ) laat nie toe dat ‘n ander produk ten koste van jou eie bevorder word nie.

“Ons is ook van mening dat die SAUK nie persoonlike aanvalle op enige partylid of leier sal toelaat deur enige ander party, soos gedoen in julle advertensie ten opsigte van … Zuma nie, ” het Olivier gesê.

“Ons het nie enige kommer oor generiese stellings oor sake soos korrupsie of die gebrek aan dienslewering nie, maar glo nie dat dit korrek is dat sulke kwessies aan ‘n spesifieke persoon  toegewys word nie…”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.