praagkineklub gestig!

Deel op
doodslag-710x270
‘Doodslag’, ‘n tipiese Nederlandse riller en wat die tipe film is waaroor ons by die kineklub sal gesels.

Ons het so pas besluit om ‘n aanlynkineklub by praag te stig. Alle praaglede kwalifikseer outomaties daarvoor. Ons gaan menings en resensies oor plaaslike en internasionale films uitruil, waaronder veral Nederlandse en Franse films. Die Franse films sal meesal van Engelse onderskrifte voorsien wees.

Ons sal elke week aflaaiskakels aan alle lede van die kineklub uitstuur waar u die film van die week kan gaan aflaai. Vir mense op die platteland of met slegte internetverbindings wat moeilik groter lêers kan aflaai, sal ons ‘n ander plan maak deur dit waar moontlik per pos te versend.

Ons het tot dié stap oorgegaan omdat ons eenvoudig keelvol is vir die snert wat deesdae vanuit Hollywood opgedis word, terwyl daar ‘n hele wêreld van Europese films bestaan wat nooit in Suid-Afrika versprei of bekendgestel word nie.

As u wil deel word van die kineklub, stuur vir ons ‘n epos na inlig[by]praag.org met “kineklub” in die onderwerpreël asb.

Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.