Meer as 100 mense by betoging vir Clive Derby-Lewis se vrylating

Deel op

 

Wessel Basson van Front Nasionaal stap voor tydens die betoging, met die Wes-Kaapse leier Daniël Lotter net links van hom

Dié berigte het op Maroelamedia en Sapa verskyn oor die betoging om Clive Derby-Lewis vry te laat.

Clive Derby-Lewis, een van die mans wat skuldig bevind is aan SAKP-leier Chris Hani se moord, moet vrygelaat word, het Front Nasionaal (FN) Saterdag gesê.

“Derby-Lewis is Suid-Afrika se bekendste oorblywende politieke gevangene,” het Dan Roodt, die groep se adjunkleier, in Pretoria gesê. ʼn Optog is Saterdag gereël deur ondersteuners vir Derby-Lewis.

Roodt het Saterdag aan Maroela Media bevestig ʼn versoekskrif vir Derby-Lewis se vrylating is aan die direkteur van die departement van korrektiewe dienste oorhandig. FN gaan ook ʼn lys van meer as 1 000 name wat ʼn petisie vir Derby-Lewis se vrylating onderteken het, aan die DKD stuur.

Hy sê nagenoeg 120 mense, insluitend die sanger en aktivis Steve Hofmeyr, het Saterdag aan die optog deelgeneem.

Steve Hofmeyr betoog saam met sy twee jong seuns weerskante van hom
Steve Hofmeyr betoog saam met sy twee jong seuns weerskante van hom

FN het dit benadruk dat die vrylatingseis nie ʼn politieke stelling is nie. “Dit kan dalk soos ʼn paradoks klink. Clive is ʼn voltrekte politikus, ʼn staatsman en ʼn leiersfiguur vir die konserwatiewe beweging in Suid-Afrika,” het Roodt gesê. Die FN glo om hom vry te lat, is die regte ding om te doen.

FN eis sy vrylating “in die naam van geregtigheid, in die naam van God of Christelike welwillendheid en in die naam van burgerlike waardes”. “Hulle sal ons verregs noem vir hierdie versoek tot redelikheid,” het Roodt gesê. “Hulle sal ons as fasciste beskryf, of ongemanierde boere, maar ons verwerp alle etikette en slagspreuke.”

Hani is op 10 April 1993 in die oprit van sy huis in Boksburg doodgeskiet. Derby-Lewis (78) is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en het reeds meer as 20 jaar van dié vonnis uitgedien. Hy is onlangs met kanker gediagnoseer en sy aansoek om mediese parool is al twee keer afgekeur.

Die SAKP in die Wes-Kaap beplan om Saterdag Chris Hani-gedenklesings te hou.

Hofmeyr het ook die optog in Pretoria bygewoon. “Op ons president se verjaarsdag vra ons vir ‘n klein bietjie hart en ‘n helse klomp geregtelike konsekwentheid. As [Robert] McBride en [Nelson] Mandela (en [Shabir] Shaik en [Jackie] Selebi) amnestie-gholf mag speel, is ek seker mediese parool kan oorweeg word vir een van die oudste politieke gevangenes ter wêreld,” het Hofmeyr aan Maroela Media gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.