VSA verbied olifanttrofeë uit Zim, Tanzanië

Deel op

ivoryDie Zimbabwiese minister vir Omgewingsake en Wildlewe, Saviour Kasukuwere sê die VSA se besluit om olifanttrofeë in hul land te verbied, kan Zimbabwe nadelig raak.

Hy het die verbod as ‘n slag vir die land se wildlewe-bewaringsprogramme bestempel en sê dit sal werkverskaffing en toerisme benadeel.

Zimbabwe kan tot R150 miljoen verloor weens die Amerikaanse verbod op jagters se olifanttrofeë.

Die Amerikaanse Vis- en Wildlewedienste het ‘n verbod op die invoer van sulke trofeë vanaf Zimbabwe en Tanzanië uitgeroep omdat die olifantbevolking in dié lande ernstig bedreig word.

Ongeveer 90 olifante word elke dag in Tanzanië vir hul tande gestroop.

In Zimbabwe is 300 olifante verlede jaar deur amptenare, sogenaamde “wildbewaarders”, in Zimbabwe vergiftig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.