Man lewendig verbrand in boendoehof

Deel op
Nog twee ongelukkiges
Nog drie ongelukkiges

Drie swart verdagtes is vir moord in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik ‘n man lewendig verband het.

Die drie het petrol oor ‘n man van Phumola naby Leondale uitgegooi en hom aan die brand gesteek in die jongste voorval van boendoegereg.

Dit het gebeur nadat die man glo by ‘n huis ingegaan het en ‘n vrou in die kombuis om hulp begin roep het.

Die gillende vrou haar man op sy hoede gestel en hy het die vlugtende indringer agternagesit en gevang.

Die gemeenskap het die indringer daarna aangerand voordat hulle hom lewendig aan die brand gesteek het.

Hy is op die toneel aan sy beserings dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.