Terugkeer na kasteel Afriqstein, aanslag van die zombies

Image‘n Nota aan die leser: die menings wat hier uitgespreek word sal sensitiewe lesers dalk ontstel, so lees dit op eie risiko. Die nasies wat genoem word, word nie as boos uitgesonder nie, maar omdat die bevolkingsgroepe in ‘n spel voorkom.

Die geweld is deel van die betrokke spel. Aksies, reaksies en sintuiglike waarnemings  wat ek beskryf is wat ek dink mens sal ervaar indien die ding in werklikheid sou gebeur het.

Die MP 40 se gepersde staalgreep sweet taai en glibberig in my hande. Die reuk van dood hang swaar in die lug. Die wapen se loop sak stadig en ek loop oor die lyke en maak die ammunisie bymekaar, MP 40, Sten en handgranate. Die een gevalle Duitser roer nog eenkeer voor ek hom finaal stilmaak met ‘n kopskoot. Die strooptog van die dooies is niks snaaks nie, dis die norm om aan die lewe te bly. Die paar Mauser-rondtes sal ook help, ek weet wat voorlê.

Ek is gedwing om te stop. Die wapen eers neer te sit en hande droog te maak, dalk die wapen te ruil vir die Sten-masjienpistool met die knaldemper. Die stuk wat volg ken ek goed, ek dink soms te goed. Die vereiste vir stilte ken ek goed, want as ek hier gehoor word voor die begin van die aanslag is dit weereens verby; die groep breek op en dan val hulle my van alle kante aan. As dit so gaan, sak die stafie wat gesondheid aandui soms onrusbarend vinnig en voor ek weet sal ek weer die stuk moet speel. Reg van die begin af.

Reg, die Sten se magasyn is vol, die MP 40 ook, en die Thomson staan by. Laasgenoemde se .45 ammo is seker die beste ding sedert gesnyde brood. Ek sluip om die hoek, Sten gereed, een koeël in die eerste man se kop. Hy syg inmekaar op die grond sonder ‘n geluid en sy ammunisie word ook myne. Sy makker verder om die draai is nie bewus van wat hom tref nie en sluit aan by sy dooie broer in die stryd. Reg, nog net sewe van hulle oor. Dan is die wapenmagasyn wat hulle so pligsgetrou bewaak myne, en die uitsig van onbeperkte ammunisie vir ‘n wyle laat hoop opvlam.

Die grafkelders en die zombies wag vir my, en ek is reg, ek dra soveel ammo as wat ek kan. Die een mooi ding van die zombies is dat hulle nie diskriminerend van persoonlikheid is nie, Dis dieselfde of hulle vir my of die teenstaanders probeer doodmaak. Hulle bystand om die Duitse soldate uit te roei, help heelwat en ek hoef nie self die ammunisie te mors om mense te skiet nie. Dis so maklik as om dit op te tel van die kaalgestroopte liggame, aangesien die zombies nie nut het vir wapens nie. Hulle klouagtige geraamtehande is meer as voldoende om die taak van doodmaak baie goed te doen.

Vir die oningeligtes, die stuk hierbo was ‘n beskrywing uit die rekenaarspeletjie, Return to castle Wolfenstein. Dis ‘n eerstepersoonskieterspel (Eng: FPS, oftewel first person shooter) wat die speler in die middel van ‘n klein deeltjie van die tweede wêreldoorlog plaas. Die atmosfeer in die spel is donker, baie donker. Die kasteel is maklik om by uit te kom, maar die grafkelders is iets anders. Die enigste lig is van flikkerende fakkels en mens kan net soveel lig uit ‘n fakkel uitkry.

Die geluide in die agtergrond laat mens se hare regop staan. Die angswekkende gille van Duitsers wat êrens in die tonnelnetwerk deur zombies aangeval word, gevolg deur skote wat klap en dan totale doodse stilte is senutergend in die ergste graad. Onheilspellende stilte, want dis in die stiltes wat die zombies onhoorbaar beweeg. Wanneer mens iets hoor beweeg agter jou karakter is dit reeds te laat en is die moeilikheid op jou.

Die rede hoekom ek dit wel speel is eenvoudig: dis ‘n manier van ontlaai, ‘n tydelike ontsnapping uit die wrede wêreld waarin ons woon. Dis na aanleiding van ‘n berig waarin drie mense keelaf gesny is wat ek die spel weer opgediep het en begin speel het.

Toe ek die ding gelees het, was ek siek tot in my wese toe, die wrok teen die onheile van die moderne Suid-Afrika het in my opgestoot oor die moord op mense wat niemand gepla het nie. Die moord op mense wat niks verkeerds gedoen het nie.

Die uiters veragtelike daad om ‘n rolstoelgekluisterde vrou, haar man en die hulpdame se kele af te sny soos wat mens skape sou slag. Die sinnelose geweld en doodslag. Verder is dit ook vir die moorde op belowende jong mense, die verkragtings, aanrandings en dies meer. Dit gaan net oor ontlaai.

Dit was eers na die tyd wat iets my soos ‘n bom tref, die ooreenkomste tussen die wêreld op die skerm en die werklike Nuwe Suid-Afrika.

Eerstens die geweld. In die spel is geweld nodig om aan die lewe te bly, daarsonder is die spel niks en die speler sal nooit daar deurkom nie.

In die moderne samelewing is geweld nou al so deel van ons bestaan dat ons soms wonder wat verkeerd geloop het as mens nie jou daaglikse kwota daarvan in die media gekry het nie. Vir sommige elemente van die samelewing is dit weer die fisieke sy van geweld, die uitdeel daarvan. Die neem van lewens en die verwoesting van eiendom. In die spel is dit net dat mens dit aan jou “lyf” beleef, maar verder is daar maar min verskil.

Die zombies wat ek al verskeie male genoem het, is vir my ‘n baie goeie voorbeeld van die deursnee swartmens se tipiese reaksie in vandag se tyd. Die verstandlose optrede soos die moord op die drie mense is klassiek soos in die spel. Sonder die behoefte aan denke tree hulle op, en beide skepper en vyand word voor die voet van die gras af gemaak. Dis die geval waar die skeppings omdraai en die skeppers ewe meedoënloos uitwis.

Dis vir my die mooi van die saak: hulle diskrimineer in geen omstandighede nie, amper net soos in ons land vandag. Swart zombies is net soos die massas breinlose, denkelose monsters in die spel. Hulle is so absoluut gevoelloos, dat hulle selfs nie die lewe van hulle eie soort spaar nie, soms tot my groot verligting in beide die spel en die werklikheid. Van enige denke is daar geen sprake nie, net die gewaarwording van die self as die self die mag van die dood in sy hande hou. Dis iets onbeskryfliks wat dié mag aan mense kan doen.  

Nog ‘n verskynsel wat ek opmerk is die groepsmentaliteit, daardie onaantasbare iets wat maak dat mense en monsters in groepsverband so dodelik kan wees en dan ook is.

Dit is ‘n verdere ooreenkoms wat die spel met die werklikheid van vandag toon.

Mens kan die mees beskaafde mense neem en in ’n groep plaas; daar sal wel ‘n tyd kom wat selfs die beskaafde mense ook die groepsmentaliteit sal aanneem en net soos die ander monsters in die groep word. Dit is die een eienskap wat baie sterk onder die swartmense in ons land voorkom.

Die iets wat maak dat selfs die mees “normale” mens kan swig onder groepsdruk en sodoende net nog een van die groep word, sonder dat die invloed van eie denke verder enige uitwerking het. Nog ‘n baie goeie voorbeeld hiervan is die film Lord of the flies na die boek van Golding, waarin skoolseuns ontaard en later die moordende bende word.

Wat in die spel opvallend is, is die rol en invloed van die slim wetenskaplikes. Die mense wat hulle studies  op paranormale gebied gedoen het. Ek wil sover gaan om hulle die skeppers van die zombies en ander monsters te noem. Die soeke in die spel is na die opperwapen om die Geallieerde magte mee te verslaan, en die mikpunt is die ontwaking en beheer van ‘n demoniese monster wat die zombies na kleuterskoolmaats laat lyk. Natuurlik is die doel van die spel om die opwekking en beheer van die groot oppermonster te stuit voordat dit gebeur, iets wat nie maklik is nie.

Dit bring my by ‘n verder ooreenkoms met die Nuwe Suid-Afrika. Hoewel ons moderne “wetenskaplikes” nie in wit jasse rondloop nie, is die liberalistiese Frankensteins besig om elke dag nuwe monsters op ons land vry te laat, sonder enige denke van hoe die goed beheer gaan word. Hulle laboratoriums is nie plekke waar gekompliseerde toerusting staan nie, maar orals om ons heen. In ons banke, skole, regering, staatsdiens, weermag en polisie. Hulle is orals om ons heen.

Ek praat hier van laevlak-Frankensteins wat die mense om hulle gebruik en misbruik tot die mense ook so besmet is met liberalisme dat hulle nie meer weerstand het teen die infeksie wat hulle omring nie. Dis iets skrikwekkends, net soos Vigs en tog veel erger. Want hoewel die lyer nie fisiese simptome wys soos klouagtige hande nie is dit dáár, onder skynweefsel versteek. Dit is die laer Frankensteins wat die mense gebruik en misbruik tot hulle later oorbodig word en dan net deur die krake val, uitgewis word om vervang te word deur nog skynmense, zombies in kamoeflering.

En ja, u kan tereg vra wat is die punt waarnatoe ek werk. Dis eintlik so eenvoudig. Net soos in die spel waar mens moet werk om te oorleef en waar tyd vir rus nie bestaan nie, is dit ook so in ons land. Ons kan nie rus nie. Elke dag is ‘n stryd, ‘n stryd teen die boosheid van die onmense, zombies en Frankensteins wat probeer om ons lewens en land oor te neem, tot hier net die skyn van lewe oor is.

Sprake van werklike lewe sal nie aanhou bestaan as ons nie opstaan en veg teen die booshede wat ons tans bedreig nie. Anders as in die spel, het ons nog die opsie om saam te staan, en eendrag maak mag, maar as ons daardie voorreg versaak om elkeen ons eie rigting in te gaan en die vyand die stryd aan te sê, kan ek nou reeds verklaar dat ons verloor het. Eenvoudig, ons is reeds dood en besef dit nog net nie. Dis die keuse: groepeer saam en oorwin of sterf alleen. Want in die stryd is daar nie plek vir die besluitelose nie.

Dis altyd ‘n keuse, indien daar nie ‘n keuse gemaak word vir saamstaan en lewe nie, dan is die besluit reeds geneem vir die dood. ‘n Langsame, uitmergelende dood wat mens stukkie vir stukkie verteer tot net die seningrige geraamte van die persoon oorbly wat ook sal verval in die groepsdenke en wat sal word soos die reeds dooies. Net nog ‘n sieklike monster wat die sirkel van moor en weer moor verder sal laat uitkring. Mense, dis tyd om te kies, julle het net een kans.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.