ANC-minister herhaal party se verbintenis tot ‘tweede revolusie’

Deel op
Fikile Mbalula, ANC-minister van sport
Fikile Mbalula, ANC-minister van sport

Ná die herrie wat in 2012 rondom die ANC en SAKP se “tweede, Leninistiese revolusie” en die “tweede oorgang” losgebars het, het die ANC-minister van sport, Fikile Mblalula, gister op Twitter bevestig dat sy party tot so ‘n tweede omwenteling verbind is.

Die twiet lui:

Tydens die party se kongres naby Bloemfontein in 2012 is ‘n afgewaterde weergawe van die tweede-oorgangsdokument aanvaar waarin die marxisties-leninistiese ideologie aan die wortel daarvan effens verdoesel is, maar uit bogaande blyk dat die idee van ‘n tweede revolusie nog springlewendig in die party is.

In ‘n ander twiet wat wye kommentaar uitgelok het, het Mbalula gister die opposisiepartye met Adolf Hitler vergelyk deur te sê:

Volgens die dagblad Beeld het sy woordvoerder, Anda Bici, gister gesê dat “Hitler ‘n fascis Hitler was wat gedroom het om die heelal te verower, maar misluk het. Die fascistiese ideologie het selfs dié in die steek gelaat met omgekeerde fascistiese idees wat daarvan droom om die ANC in die (komende verkiesing) te verslaan, maar wat sal misluk.”

Hy het bygevoeg een twiet kan nie uitgesonder word om by ’n “verkeerde, nou en misleidende gevolgtrekking te kom nie”.

“In Potchefstroom word kinders egter geleer om Hitler-styl te salueer. Hoekom het ons nie ’n debat daaroor in 2014 nie? Dié wat droom dat dié land terug sal gaan na onderdrukking, dagdroom.”

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê Mbalula het in die twiet na opposisiepartye verwys. “Dit is net ’n droom wat hulle kiesers belowe wat nooit verwesenlik sal word nie.”

Die rubriekskrywer van die Business Day se aanlynweergawe, Gareth van Onselen, wy ook vandag sy “Twiet van die week” aan Mbalula se Hitleruitspraak onder die titel: Mbalula, Hitler and God.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.