Kasrils en minister van verdediging prys Hani vir 1994 se oorgawe

Deel op
Nosiviwe prys Hani
Nosiviwe prys Hani

Voormalige minister van intelligensie Ronnie Kasrils asook die minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Chris Hani se aandeel in die oorgawe van Suid-Afrika aan kommuniste Donderdag geprys.

Dié twee se openbare ondersteuning vir Hani kom te midde van oplaaiende druk om die baie siek Clive Derby-Lewis uit die gevangenis vry te laat op mediese parool.

Derby-Lewis is betrek by die sluipmoord op Hani en het reeds sy gevangenisstraf uitgedien, maar die owerhede weier om hom vry te laat.

Kasrils het die National Union of Metalworkers Suid-Afrika ( Numsa ) lof toegeswaai en gesê die vakbond “adem die gees van Chris Thembisile Hani” teen ‘n korrupte ANC.

Kasrils het gepraat tydens ‘n gedenklesing ter ere van die ontslape Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier in Port Elizabeth.

Kasrils het die verhoog gedeel met Numsa se president Andrew Chirwa. Albei het ‘n oproer gedoen om in opstand te kom teen die ANC.

Chirwa het sê die ANC moet nie inmeng met die sake van Cosatu nie.

Die verkiesing van 27 April 27 1994 “het tot stand gekom as gevolg van die dood van kameraad Chris Hani” het die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee-lid Nosiviwe Mapisa- Nqakula gesê.

Sy het gesê Hani se dood in 1993 het die onderhandelingsproses vir die verkiesingsdatum versnel.

In haar toespraak in Queenstown, in die Oos-Kaap , op die 21ste herdenking van Hani se dood, het Mapisa- Nqakula gesê die omstandighede van Hani se generasie het hulle gemotiveer om by die bevrydingstryd aan te sluit en hulle “was bereid om vir vryheid te sterf”.

Mapisa-Nqakula het gesê die land moet Hani vir sy “sterk morele waardes” onthou en bygevoeg dat Suid-Afrikaners altyd moet onthou “dat daar mense is wat hul lewens gegee het vir ons demokrasie”.

Hani sowel as sy vrou het albei buite-egtelike verhoudings gehad en die huwelik was ten tye van sy dood heeltemal verbrokkel. Ten spyte daarvan voel Hani se weduwee blykbaar nog “pyn” oor haar vervreemde man se dood.

Die Oos-Kaap was voor 1994 die broeikas van die Xhosa-opstand wat deur Anglo-Amerikaanse belange bestuur is.

Dié opstande is moontlik gemaak deur ‘n rekenaardatabasis wat deur die VSA voorsien is aan die voormalige tuisland en deur Amerika en Israel gemyn is vir besonderhede oor hoe om tuislandinwoners as aktiviste aan te wend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.