‘Diensleweringsopstand’ is eintlik xenofobiese geweld

Deel op

onrusbrandKlaarblyklik is sommige amptenare in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit besig om die geweld in Bodibe en Itsoseng aan te hits.

Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het haar kommer uitgespreek oor dié bewerings.

Intussen is sewe winkels wat deur buitelanders besit word, geplunder terwyl ander winkels afgebrand is in die jongste voorvalle van xenofobiese geweld.

Die geweld word voorgehou as “diensleweringsopstande”.

Buitlelanders moes op vlug slaan nadat ‘n groep swart jeugdiges naby Lichtenburg drie dae geweld aangehits het en boedoehowe gehou het.

Die paaie is steeds onbegaanbaar nadat oproeriges en die polisie slaags geraak het. Bome, vullis en klippe het die deurgange tot op hede onbegaanbaar gemaak.

Die meeste winkels is steeds gesluit nadat hulle deur inwoners geplunder is.

Buitelanders vrees vir hul lewens en besittings en is glo gedurende die nag aangeval.

Leerlinge sowel as onderwysers het die afgelope twee dae weggebly by die skool.

Sowat 40 oproermakers sal Vrydag in die Itsoseng Landdroshof verskyn, onder meer op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

By Boitumelong by Bloemhof in Noordwes sal 123 inwoners weer in die hof verskyn nadat die saak Maandag uitgestel is.

Hulle word ook aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Inwoners van die gebied het verlede Woensdag oproerige geraak en het verskeie eiendomme van polisielede en raadslede van die Lekwa Teemane munisipaliteit beskadig.

Die inwoners beskuldig die raadslede van korrupsie, bedrog en nepotisme en eis dat die munisipale raad ontbind word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.