Senegal verleng sy presidensi?le termyn

Deel op

Image

Abdoulaye Wade

Die Senegalese parlement het gister 'n nuwe wet aanvaar wat die presidensiële termyn van vyf tot sewe jaar verleng.

Deel op
Die bepaling sal nie op die huidige president, Abdoulaye Wade, van toepassing wees nie, maar op die volgende president.

Betogers buite die parlementsgebou wat teen die verlenging gekant is, is deur die polisie uiteengejaag.

Wade het in die jaar 2000 in die Wes-Afrikaanse land aan bewind gekom.

Hy is verlede jaar onder 'n nuwe grondwet herkies vir 'n tweede en finale vyfjaartermyn wat in 2012 ten einde loop.

Kritici beskuldig die tagtigjarige Wade daarvan dat hy toenemend outoritêr raak.

подростковая спортивная одежда для мальчиковФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.