BNP Paribas koop SA kredietmaatskappy vir R2,65 miljard

Deel op

Logo_BNP_ParibasBNP Paribas, die grootste bank in Frankryk, het ‘n aanbod gemaak om ‘n Suid-Afrikaanse finansieringsmaatskappy teen R2,65 miljard te koop. Die Franse maatskappy sal die RCS-groep by Foschini en Standardbank aankoop.

Die RCS-groep, wat winkelkredietkaarte verskaf, maar ook persoonlike lenings en versekering verkoop, behoort 55 persent aan Foschini en 45% aan Standardbank, die grootste bank in Suid-Afrika en selfs in Afrika.

Die onderneming sal in BNP Paribas se persoonlike finansieringseenheid gehuisves word. Foschini, wat R1,4 miljard uit die transaksie sal ontvang, sê hy gaan die geld aanwend om sy eie aandele in die mark terug te koop, wat ‘n styging van 1,8 persent tot R107,65 veroorsaak het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.