Senior polisieman gevang met ID’s en bestuurslisensies

Deel op

'n Senior lid van Durban se metropolisie verkeer tans op verlengde borgtog en sy verhoordatum is op Oktober in die Durbanse streekhof gestel.

Deel op
Hy staan tereg op 'n aanklag van korrupsie omdat hy na bewering omkoopgeld aanvaar het om spoed- en ander boetes te kanselleer.

Meganathan "Dees" Govender is ook aan korrupsie skuldig bevind tydens 'n interne dissiplinêre verhoor.

Govender is verlede jaar in Julie tuis in hegtenis geneem, nadat kartondose vol identiteitsdokumente en bestuurslisensie na bewering in sy besit gevind is.

Die paneel wat by die interne verhoor betrokke was, sê hy kan afgedank word of 'n waarskuwing ontvang.

bad wolfetopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.