DA kla na Zuma nie anti-gay Oeganda veroordeel nie

Deel op
Geen skynheiligheid nie, asseblief! Mazibuko en Zuma hou handjies
Geen skynheiligheid nie, asseblief! Mazibuko en Zuma hou handjies

Die Demokratiese Alliansie sê president Jacob Zuma se versuim om Oeganda se anti-gay-wetgewing te veroordeel, is ‘n belediging vir die Grondwet asook oudpresident Nelson Mandela se siening oor menseregte wat Suid-Afrika se buitelandse beleid rig.

Zuma het vroeër op ‘n parlementêre vraag oor die saak gesê Suid-Afrika respekteer die soewereiniteit van ander lande om hul eie wetgewing te bepaal.

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibulo het gesê sy is woedend oor Zuma se standpunt oor die saak en bygevoeg dat die internasionale gemeenskap nie ‘n “hands-off” benadering gehad het toe Suid-Afrika apartheid beoefen het nie.

Net soos met apartheid, sê Mazibuko, kan ander lande nie onbetrokke bly wanneer mense se regte geskend word nie.

Sy sê dit stuur ‘n boodskap aan die internasionale gemeenskap dat Suid-Afrika skynheilig is. Sy het nie kommentaar gelewer daarop dat sulke wetgewing juis nie skynheilig is nie, aangesien dit uiters gewild is onder swartes.

Mazibuko het gesê Zuma en die ANC-leierskap moet hul koppe in skaamte hang.

Oeganda se president Yoweri Museveni het ‘n wetsontwerp onderteken wat voorsiening maak daarvoor dat herhalende homoseksuele oortreders lewenslank tronk toe gestuur word in Februarie.

Dié wet is gewild oral in Afrika, asook Suid-Afrika waar die meerderheid swart inwoners fel gekant is teen homoseksualisme.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.