Sewe wit Suid-Afrikaners saam in VSA Meesterstoernooi

Deel op
Ernie, sy outistiese seun Ben en vrou Liezl
Ernie, sy outistiese seun Ben en vrou Liezl

Nie minder nie as sewe wit Suid-Afrikaners jaag die wit balletjie in dieselfde toernooi.

Die sewe wit gholfspelers slaan Donderdagoggend af in die 78ste Amerikaanse Meesterstoernooi.

Suid-Afrika se gholflegende Gary Player wat in 1961 die eerste nie-Amerikaner was wat die toernooi gewen het, slaan eerste af saam met ander meesters, Arnold Palmer en Jack Nicklaus in die ere-ronde.

Die toernooi word by die Augusta National-golfklub gehou.

Ernie Els en Louis Oosthuizen is uitgenooi om deel te neem omdat hulle wenners van die Britse Ope in die afgelope vyf jaar was.

Huidige kampioene Charl Schwartzel en Trevor Immelman word as voormalige wenners van die Amerikaanse Meesterstoernooi ‘n speelkans gegun.

Tim Clark kon danksy sy uitslag verlede jaar kwalifiseer vir deelname aan die spogtoernooi en Branden Grace neem deel vanweë sy posisie op die top-50 wêreldranglys aan die einde van verlede jaar.

Die omstrede Amerikaanse speler Tiger Woods sal vir die eerste keer in sy loopbaan nie aan die Amerikaanse Meesterstoernooi deelneem nie.

Woods sukkel met ‘n rugbesering.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.