Renosterslagting duur voort

Deel op

renosterhoringRenosterstropery in die Krugerwildtuin duur voort ondanks lug-en voetpatrollies, meer veldwagters en die ontplooiing van soldate in die gebiede.

Die departement van Omgewingsake het bekendgemaak dat 277 renosters reeds vanjaar gestroop is.

Teen dieselfde tyd verlede jaar, is 203 renosters vir hulle horings van kant gemaak, het RSG berig.

Die departement sê meer as die helfte van die voorvalle het in die Nasionale Krugerwildtuin plaasgevind waar 166 renosters in die eerste drie maande van die jaar gestroop is.

Na intensiewe samesprekings het Suid-Afrika en Mosambiek dié week ‘n ooreenkoms gesluit om saam te werk om die toenemende slagting te bestry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.