Opposisiepartye verwelkom ad hoc-komitee oor Nkandla

Deel op

nkandla-residenceDie Speaker van die parlement het aangekondig dat ‘n ad hoc-komitee ingestel sal word om te handel met die verslag van die Openbare Beskermer oor Nkandla.

Die veelparty- ad hoc-komitee van 12 lede sal president Jacob Zuma se reaksie op die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag bestudeer en voor die verkiesing terugvoer gee.

Thuli Madonsela, die OB, het onder meer bevind dat Zuma en sy familie onregmatig baatgevind het by die opgraderings van 246 miljoen rand by sy privaatwoning

Verskeie partye het na die bekendmaking van die OB se verslag vir ‘n openbate debat sowel as vir die instelling van ‘n ad hoc-komitee gevra

Die ad hoc-komitee sal sowel die antwoord van die president oor die Nkandla-verslag, asook die Proklamasie wat die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek gemagtig het, nagaan.

Die Speaker, Max Sisulu het Woensdagaand in ‘n verklaring gesê hy het na raadpleging met die hoofsweep van die regerende party en die hoofswepe van ander partye in die parlement besluit om die komitee ingevolge die Parlementêre Reëls aan te stel.

Die komitee sal bestaan uit 7 ANC-lede, 2 DA lede, een lid van die IVP en een lid wat die ander partye verteenwoordig.

Die Parlement sê die komitee se sperdatum vir terugvoer is 30 April. Zuma het verlede week op die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se verslag gereageer.

Die parlement sal byeen geroep word om met die verslag te handel nadat dit ingehandig is, voor die verkiesing van 7 Mei 2014.

Opposisiepartye sê die ad hoc-komitee moet reg laat geskied aan die bepalings van die Grondwet, en toesien dat die parlement en wetgewende gesag hulle oorsigrol oor die president en die Uitvoerende Gesag na behore volvoer.

.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.