Media uitgenooi na Bevry Clive Derby-Lewis-betoging

Deel op

freecliveDie organiseerders van die Bevry Clive Derby-Lewis-betoging nooi die media uit om hul aksie om 9:00 op Saterdag 12 April te Kerkplein, Pretoria, by te woon.

Afgesien van die bekende sanger-aktivis, Steve Hofmeyr, sal ‘n hele aantal partye en Afrikaanse organisasies die betoging bywoon.

Mnr. Derby-Lewis, ‘n voormalige LV van die Konserwatiewe Party en burgemeester van Edenvale aan die Oos-Rand, is onlangs met longkanker gediagnoseer en verkeer tans in die hospitaal. Hy word reeds 21 jaar as ‘n politieke gevangene aangehou en het onlangs twee aanvalle deur medegevangenes in die Pretoria- Sentrale Gevangenis oorleef. By verskeie geleenthede is hy ook mediese behandeling ontsê.

Dr. Dan Roodt, woordvoerder van Front Nasionaal, ‘n politieke party wat aan die huidige verkiesing deelneem, het soos volg oor Derby-Lewis gereageer: “Verlede jaar het ek hom in die gevangenis besoek, voordat die aanvalle op hom plaasgevind het. Hy is ‘n saggeaarde, welsprekende, bejaarde man wat nie verdien om in die tronk te wees nie! Tesame met Janus Walusz, is hy deur die Waarheids- en verkiesingskommissie amnestie geweier vir die polities gemotiveerde moord op Chris Hani, ‘n kommunistiese terroris, in 1993. Die WVK het egter amnestie aan alle ander oortreders verleen wat slegs die geringste politieke motivering vir hul dade aangevoer het, waaronder die APLA-massamoordenaars wat op 25 Julie 1993 ‘n gemeente van die St. James-kerk tydens ‘n erediens aangeval en elf mense doodgemaak en 58 beseer het.”

“Clive Derby-Lewis was tot dusver ‘n modelgevangene en kwalifiseer reeds sedert 2008 vir parool,” het hy voortgegaan. “Maar tot dusver is sy vrylating nie gemagtig nie, om vermoedelik politieke redes. Clive verdien geregtigheid net soos enigiemand anders, waaronder die kranksinnige linkse moordenaars met hul oorlogsmisdade wat onskuldige burgerlikes in Suid-Afrika aangeval het en wat een almal deur die WVK kwytgeskeld is.”

Front Nasionaal loop tans ‘n aanlynpetisie op sy webwerf waarin die onmiddellike vrylating van Derby-Lewis om menslikheidsredes versoek word. Die petisie sal Saterdag aan die departement van korrektiewe dienste oorhandig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.