EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering

Deel op
Teuns Botha, deurmekaar
Teuns Botha, sukkel om te konsentreer op die deurmekaar DA

Die Wes-Kaapse onderleier van die DA, het Dinsdag aan sakelui in Bell­ville gesê die EFF se kiesers kom van die DA.

“Weet julle die EFF het die meeste van sy kiesers van die DA getrek?” het Teuns Botha gesê en daarmee erken dat die steunbasis van sy party ver-links is.

Hy wou egter nie in die teenwoordigheid van die media die kwessie grondig verder bespreek nie.

Die DA se navorsing dui daarop dat baie swart mense wat die DA begin steun het nou eerder vir die EFF gaan stem, volgens Botha.

Dié uitlating bevestig wat Praag reeds lank oor berig het, naamlik dat die DA linkser as die ANC is en agter die huidige vlaag swart opstande en geweld in Noordwes sit waar miljoene rande se skade reeds aangerig is oor “gebrekkige dienslewering”.

Uiteindelik gaan die geweld oor werksgeleenthede in die staatsdiens, iets wat swart inwoners as hul enigste kaartjie na rykdom beskou, terwyl die DA voorgee dat dit oor “beter dienslewering” gaan.

Teuns Botha het gesprek gevoer met onder meer prof. Willie Esterhuyse, filosoof en voorsitter van Barimor, en dr. Musa Shezi, voorsitter van die Groter Tygerberg-vennootskap.

“Ek dink nie die regerende party was al ooit in so ’n dilemma soos nou nie,” het Botha in ontkenning aan sy bewonderende en werklikheidsgestremde gehoor vertel.

Die eintlike dilemma is die van die DA wat ekstremsime aanwakker en uiteindelik net wit bates het om te oorhandig vir die verwagtinge wat hulle skep

Van ver-links is die EFF en DA teen die ANC, en van links is die vakbonde om die ANC op ekstremistiese fronte te troef.

Die tragedie is egter dat die ANC al hoe meer na ‘n “gematigde” en stabiele party lyk in vergelyking met die DA en EFF wat geweld en opstand aanmoedig.

Botha het dit indirek erken en gesê die DA sal na die “middelgrond” van die ANC moet beweeg.

Dié ontstellende werklikheid het oudergewoonte by die vergadering se aanwesiges verbygegaan wat reeds hul blindheid vir die gevolge van hul politieke besluite die afgelope 20 jaar gedemonstreer het.

Botha het nietemin gesê hy is besorg daaroor dat die EFF met die “radikaalste, onverantwoordelikste politikus”, Julius Malema, as sy leier, die verkiesingsuitslag in Gauteng kan bepaal.

Hy het gesê dat die DA en die ANC na mekaar sal moet omsien.

Botha het nie kommentaar gelewer oor die DA se radikale en onverantwoordelike aanhitsing nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.