Twee werkers van Krugerwildtuin vas vir renosterstropery

Deel op

rhinopoachersTwee werknemers van SANParke verskyn Woensdag in die Witrivier-landdroshof vir hul beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Die twee is vroeër in hegtenis geneem in verband met dié stropery.

“SANParke, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het twee werknemers van die Krugerwildtuin Maandag in hegtenis geneem in verband met vermeende renosterstroop-aktiwiteite oor die naweek,” het Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, Dinsdag gesê.

Thakuli sê die twee werkers is nie deel van die wildbewaringseenheid in die wildtuin nie.

Altesaam 144 van die 233 renosters wat reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is, is in die Krugerwildtuin gestroop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.