Die Sweedse telekommunikasiereus, Ericsson, het ‘n werknemer afgedank omdat sy die woord “kaffir” in ‘n twiet gebruik het.
Volgens ‘n woordvoerder van die maatskappy, Magnus Mchunguzi, het Basson, wat ‘n subkontrakteur is, die maatskappy se “sake-etiekbeginsels” geskend.
Kennelik skend swart geweld teen blankes nie maatskappy se opvattings oor etiek nie.
Die woord is gebruik in ‘n twiet van die rekening van Vivienne Basson, ‘n slagoffer van swart geweldsmisdaad.
Basson het haar frustrasie oor ‘n taxi-ongeluk getwiet. Sy het bygevoeg dat die swartes “barbare is wat in die hel kan vrot”.
‘n Sogenaamde “tegnologiekenner” van World WideWorx, Arthur Goldstuck, het die stap verdedig en gesê sosiale media is nie “wetteloos” nie.
Goldstuck, ‘n ANC-sikofant en begunstigde, het nie kommentaar oor die algehele wetteloosheid van swart taxibestuurders of die hoë misdaadvlakke gelewer nie.
Hy het gesê indien iets aanlyn gepubliseer word, kan dit nooit weer ten volle verwyder word nie, en mense kan vervolg word weens “haatspraak”.
Basson was reeds in twee taxi-ongelukke waar die bestuurders weggejaag het en sy en haar seun is in hulle huis aangeval gedurende ‘n gewapende roof waar swartes op haar geskiet het.
Sy het die aanval oorleef.