Miljoene se skade by Bloemhof na oproeriges oorgaan tot brandstigting

Deel op

fireSwart inwoners van Boitumelong by Bloemhof in Noordwes het die afgelope 48 uur miljoene rand se skade aangerig na hulle oorgegaan het tot grootskaalse brandstigting.

Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Die oproerige skare het vroeër ‘n vergadering van die ANC en ‘n afvaardiging van die provinsiale regering ontwrig.

Die oproermakers, aangevuur deur die DA en EFF se verkiesingsbeloftes, het huise en voertuie aan die brand gesteek. Hulle eis dat die munisipaliteit ontbind word omdat hulle nie basiese dienste lewer nie.

Sewe huise van polisielede het in die slag gebly. Die huise is aan die brand gesteek nadat polisielede en betogers na afloop van ‘n vergadering by ‘n plaaslike stadion slaags geraak het.

Voertuie van die SAUK is glo ook aan die brand gesteek. Joernaliste moes deur die polisie na veiligheid gebring word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.