Skeuring dreig in Cosatu

Deel op

cosatuhouse‘n Skeuring dreig in die vakbondfederasie Cosatu.

Die federasie se Sentrale Uitvoerende Komitee is vir ‘n spesiale vergadering byeen waar die toekoms van Cosatu se hoofsekretaris, Zwelenzima Vavi en sy grootste ondersteuner, Numsa bespreek word.

Vavi se skorsing is verlede week deur ‘n hof ongeldig verklaar en hy kon terugkeer na sy pos.

‘n Groot groep van die vakbond Numsa se lede is in Braamfontein, Johannesburg, voor die vakbondfederasie se hoofkantore saamgetrek nadat hulle versoek is om uit te tree uit die federasie.

Lede van die metaalwerkersvakbond Numsa sê hulle weier om Cosatu te verlaat.

Dinga Sikwebu van Numsa sê dit sal moeilik wees om die vakbond uit Cosatu te skop. Volgens Sikwebu het Numsa die vakbondfederasie opgebou en vooraanstaande leiers aan Cosatu gelewer.

‘n Aantal vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, onder leiding van Nehawu, plaas druk op lede om Numsa uit die vakbondfederasie geskop te kry.

Volgend Nehawu probeer Numsa voortdurend om Cosatu te ondermyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.