Karad?ic, ‘n slagoffer van handelsbeloftes

Deel op

Image

Radovan Karad?i

Radovan Karad?ić het gister in Den Haag aangekom nadat Serwië se pro-Europese regering 'n finale uitleweringsbevel teen die Bosniese Serwiër uitgereik het.

Deel op

Klaarblyklik is 'n appèl reeds Vrydag teen die uitlewering aanhangig gemaak, maar die Serwiese regering het nie gereageer op Karad?ić se regsverteenwoordiger se versoek om te appelleer nie.

Karad?ić is deur gemaskerde lede van die Serwiese geheime diens vergesel na Belgrado se lughawe in 'n konvooi van swart Jeeps en daarna is hy per ligte vliegtuig na Nederland.

Die vliegtuig het twee ure later in Rotterdam geland en die gevangene is per helikopter na die Scheveningen-detensiesentrum geneem.

Karad?ić word verdink van die bomaanval op Sarajevo waarin 11 000 mense gedood is, waarvan 8 000 Bosniese Moslemmans en -seuns van Srebrenica was.

Die betoging wat in Belgrado gehou is om Karad?ić se inhegtenisname teen te staan, was nie so goed bygewoon as wat verwag is nie. Dit het later in geweld ontaard. Nege polisielede is in die hospitaal opgeneem nadat hulle met klippe bestook is.

Karad?ić se uitlewering is deur die Serwiese regering moontlik gemaak in ruil vir handelsvoordele. Die 27 buitelandse ministers van die Unie het egter besluit om nie die handelsvoordele waarop daar in Mei ooreengekom is, te ontsluit nie.

Olli Rehn, die EU se uitbreidingskommissaris het gevra dat die handelsooreenkomste dringend opgegradeer moet word tussen Europa en Serwië.

Serwië hoop om eendag deel te word van die EU. Maar diplomate sê dat die ambassadeurs van die 27 EU-lande eers wil wag en sien of Serwië ten volle saamwerk met die Internasionale Strafhof in Den Haag. Indien die EU gelukkig is met die samewerking, sal hulle die weg vir Belgrado se deelname aan beter handelsbetrekkinge oopstel.

Die EU moes eers wag totdat 'n nuwe regering in Serwië aan bewind kom om Karad?ić uitgelewer te kry. Hy het openlik naby die Serwiese hoofstad gewoon en gewerk as 'n alternatiewe terapeut vóór sy inhegtenisname.

Все для крещенияФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.