Twee polisie beseer in verkiesingsonrus by Bloemhof

Deel op

burningtyresIn verkiesingsverwante onrus is twee polisielede en verskeie betogers beseer nadat honderde oproeriges met die polisie slaags geraak het naby Bloemhof.

Die situasie is steeds gespanne en lede van die SAPD se openbare orde-eenheid poog om die situasie te kalmeer.

Paaie in Boitumelong buite Bloemhof in Noordwes is met klippe, beskadigde yskaste en brandende buitebande versper.

Die polisie is in die gebied ontplooi nadat oproermakers die huise van ANC-raadslede en die burgemeester van Lekwa-Temane-munisipalitiet aan die brand gesteek het.

Oproeriges van Boitomelong  het die polisie wat tussenbeide wou tree om die brandstigting te stop daarna met klippe bestook. Ses huise is in die vlaag vandalisme afgebrand.

Betogers het ook `n polisievoertuig aangeval wat ontklaar geraak het. Nog drie vragmotors is op die N12 aan die brand gesteek.

Die N12 wat deur die dorp loop is steeds versper met brandende buitebande en klippe. Die pad is steeds vir verkeer gesluit.

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roets te gebruik.

Die verhoor van 16 van die 97 verdagtes wat aangekla word van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging is vir `n borgaansoek tot 11 April uitgestel.

Skole in Boitumelong is vir die tweede dag ontwrig nadat oproerige inwoners hulle wegbly-aksie te midde van geweldadige betogings voorgesit het.

Die oproeriges eis dat die Lekwa-Temane-munisipale raad ontbind word weens die tekort van basiese dienslewering.

Dit is nie bekend of die oproeriges die DA of EFF teen die ANC ondersteun nie. Die ANC het die oproeriges tot kalmte gemaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.