DA, VF+ begaan oor plaasmoorde, maar nie oor anti-wit karakter daarvan nie

Deel op
Delmas-betoging teen swart haatmisdade
Delmas-betoging teen swart haatmisdade

Klein splinterpartye wil die toenemende geweld teen eienaars in die landboubedryf uitbuit vir die komende verkiesing, ten spyte daarvan daar hulle self ‘n reuseaandeel in die verslegtende toestand op plase gelewer het deur niks daarteen uit te rig of oor die rasse-aard daarvan te betoog nie.

Die DA is “bekommerd” oor die toenemende aantal wrede aanvalle op mense in die landelike gebiede, maar steun nogtans Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging. Beide beleidsrigtings is van die grondoorsake vir aanvalle op wit boere.

In die jongste voorval is ‘n egpaar op hulle plaas tussen Ermelo en Amsterdam gemartel en ‘n boer op sy plaas naby Ermelo vermoor.

Die DA se provinsiale leier, Anthony Benadie, het die polisie daarvan beskuldig dat hulle nie landelike inwoners kan “beskerm” nie.

Benade het wit inwoners wat voorheen betoog het nadat swart moordenaars wat ‘n vyfmaand-oue wit Afrikanerbaba in Delmas wreed vermoor het, trouens van “rassisme” beskuldig.

Benade se kille afsydigheid na die wit baba en sy dagmoeder se moorde het talle Afrikaners destyds diep geskok.

Benadie sê dit is nou reeds meer as ‘n jaar sedert die DA “regstreeks” met die regering in gesprek getree het oor die vestiging van ‘n landelike veiligheidseenheid in die provinsie.

Aangesien die DA uitgesproke anti-wit is, het die gesprekke niks opgelewer vir die landbougemeenskap nie. Benade se nuutste uitlatings laat eerder die vermoede ontstaan dat die DA die ANC wil bystaan in die toesmeerdery oor plaasaanvalle wat teen blanke grondeienaars gemik word deur die kwessie van ras te vermy en te ontken.

‘n Woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Selvy Mohlala, het in antwoord op Benade gesê hulle werk saam met die boerderygemeenskappe om hulle veiligheid te verseker.

Volgens hom is die verdagtes in die aanvalle dikwels iemand wat op ‘n spesifieke plaas werk. Hy sê die werkers leer dan die gedrag van die spesifieke plaaseienaar ken.

In die meeste gevalle is dit egter ‘n werker wat deur opgeleide groepe swart aanvallers gebruik word om onopsigtelik toegang tot die eiendom te verkry.

Mohlala sê omdat die plase afgesonder is, weet die SAPD nie altyd wat gebeur nie.

Plaasaanvalle lei tot onbestendigheid en onsekerheid na die landbousektor, en elke boer wat aangeval word, het ‘n nadelige uitwerkings op voedselsekerheid en eiendomspryse.

Die ANC se adjunk-minister van landbou en VF+-leier, Pieter Mulder, het sy onvermoë om die haglike misdaadsituasie te beredder verder onderstreep deur sy ligte teregwysings teen die voorstel van die Minister van Grondhervorming, Gugile Nkwinti.

Volgens die voorstel sal plaaseienaars die helfte van hulle plase moet afstaan aan hul werkers.

Mulder sê die voorstel toon nie “begrip” van die ingewikkeldhede van die moderne kommersiële boerdery nie.

Hy het nie direk kommentaar gelewer oor die Mulder-familie se volgehoue deelname aan die ANC-regering en hul steun vir die Vryheidshandves wat rasgelykheid as basis voorstaan nie, maar die beginsel indirek gesteun.

Hy het, soos die DA, ook nie kommentaar gelewer op die feit dat die saakbeskrywings van die polisie opsetlik nie die aard van die haatmisdade teen blankes aandui nie.

Die Afrikanerbond wat hul steun aan Mulder toegesê het, het soorteglyke flou waarskuwings oor die behoud van eiendomsreg herhaal, maar geen aanduiding van die rassistiese aard van die aanvalle wat teen blankes gemik word, gegee nie.

Dit het die vermoede verder versterk dat beide die DA en VF+ as weerligafleiers wil dien om die volksmoord teen wit boere enersyds as verkiesingsfoefie uit te buit en andersyds die ANC se medepligtigheid om wit boere spesifiek te teiken, vir die kieserspublike te versag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.