Franse woedend oor Rwanda se volksmoord-beskuldigings

Deel op
Franse word by Hoetoe-kamp in Butare verwelkom
Franse word by Hoetoe-kamp in Butare verwelkom, 1994

Die Franse regering het woedend gereageer op beskuldigings deur die Rwandese president oor hul medepligtigheid aan die volkslagting in Rwanda.

Nie eers hul swart minister van Justisie kon die Rwandese oorhaal tot inskiklikheid nie.

Plegtighede met ‘n sterk anti-koloniale karakter word tans in Kigali gehou om die 20ste herdenking van die volksmoord teen die Toetsies te gedenk. Dit is veral teen Frankryk, België maar ook die VN gemik.

Onthullings deur ‘n Franse oud-soldaat Guillaume Ancel, wat aan die miltêre operasie deelgeneem het en Frankryk in die slagting impliseer, het verder vir opslae gesorg.

Frankryk is nie teenwoordig by die plegtighede nie, nadat die swart minister, Chistiane Taubira, haar besoek afgelas het in reaksie op die jongste beskuldigings deur president Paul Kagame.

Kagame beskuldig Franse soldate van aandadigheid aan die bloedbad waarin byna ‘n miljoen mense destyds omgekom het.

Kaptein Ancel, deel van Operation Turquoise, ‘n Franse militêre operasie in Rwanda in 1994 onder ‘n VN-mandaat, het Maandag in ‘n onderhoud met die Franse weekblad Jeune Afrique vertel hy is hy beveel om wapens te laai in burgerlike vragmotors wat bestem was vir die buurland Zaïre [ nou die Demokratiese Republiek van die Kongo ]. Die wapens was bedoel vir die vlugtende Rwandese weermag, aanstigters van die volksmoord.

“Ek was selfs aangeraai om joernaliste weg te hou gedurende hierdie tydperk, om te verhoed dat wat daar gebeur het uitlek,” sê Ancel . “Toe ek my afkeuring wys, het die [Franse] Legioen se bevelvoerder my vertel dat die leër opdrag het omdat besluit is dat die Rwandese weermag nie moet dink ons is hul vyande en teen ons draai nie. Frankryk het selfs die Rwandese soldate se salarisse betaal.”

Die volksmoord het begin op 7 April 1994 toe president Juvenal Habyarimana, ‘n Rwandese Hoetoe, se vliegtuig afgeskiet is naby Kigali Internasionale Lughawe.

Hoetoe-ekstremiste het op begin moor om Habyarimana se moord te wreek.

Die RPF ( Rwandese Patriotiese Front ) onder leiding van Kagame het die voordeel van die sosiale wanorde uitgebuit en daarin geslaag om invloed oor die hele land te verkry.

Teen Julie 1994 het die RPF Kigali met die steun van die VSA oorgeneem.

Vandag is die RPF die krag in Rwanda, soos al vir die afgelope 20 jaar.

Maar die diplomatieke verhoudinge wil steeds nie vlot tussen Rwanda en sy eertydse koloniale meesters nie, ten spyte daarvan dat die Franse president Nicolas Sarkozy in 2010 Franse “foute ” in 1994 erken het.

Kagame se beskuldiging kom kort op die hakke van ‘n Franse hof wat ‘n voormalige Rwandese weermag kaptein Pascal Simbikangwa tot 25 jaar in die tronk gevonnis het vir sy rol in die moord in die eerste verhoor in Frankryk oor die volksmoord.

Kagame se aansien in die internasionale gemeenskap is aan die taan nadat Westerse hulp in 2012 teruggehou is weens ‘n VN-verslag wat Kagame beskuldig dat hy M23 rebelle in die naburige Kongo steun.

Suid-Afrika het Kagame ook beskuldig van inmenging nadat Rwandese burgers hier in sluipmoorde geteiken is.

Die Rwandese president het egter ook in gebreke gebly om die etniese groepe van Rwanda te verenig.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, sê die VN is nog steeds skaam omdat hy nie meer gedoen het om die menseslagting stop te sit nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.