Duisende ruk op in ooste van Oekraïne teen besetters

Deel op

donetskDuisende mense met Russiese vlae het Sondag die strate ingevaar in die die ooste van die Oekraïne teen die vreemde besetting van die land.

Dit die vermoede versterk dat die selfaangestelde owerhede – wat in wese eintlik twee oligarge is wat hulself in Kiëf in beheer geplaas het – nie in ‘n houvas op die land het na hul onlangse staatsgreep nie.

Die putsch-regering is uiters ongewild by die inwoners omdat hulle nie verkies is nie.

Betogers in die stede van Donetsk, Lugansk, en Kharkov het Sondag staatskantore beset.

In Donetsk het inwoners ook daarop aangedring dat ‘n onafhanklikheidsreferendum gehou word. Die meerderheid van die inwoners is Russiese sprekers.

Meer as 2000 mense het in die middel van Donetsk ‘n petisie geteken ter ondersteuning van die Berkut-beamptes. Hulle glo die beamptes word valslik beskuldig van die gebruik van vuurwapens teen die betogers tydens die Maidanpleinoproer.

Ooggetuies en mediese personeel by die lykshuis en hospitale het intussen bevestig dat lede van Berkut sowel as die betogers deur sluipskutters met dieselfde wapens gedood of gewond is.

Die deelnemers het ‘n beroep op die “onwettige junta in Kiëf” gedoen om politieke onderdrukking en vervolging van andersdenkendes te beëindig, het die ITAR-Tass-nuusagentskap berig.

Hulle eis dat hul reg om selfbeskikking gerespekteer word, en oefen druk uit sodat ‘n Krim-styl referendum oor onafhanklikheid van Oekraïne gehou word.

Die betogers het Russiese nasionale vlae rondgeswaai, “Rusland! Rusland!”gedreunsing en baniere opgehou wat aandring daarop dat die nuwe streeksgoewerneur van Donetsk bedank.

Die streeksgoewerneur, Sergey Taruta, wat onlangs aangestel is deur Kiëf, moet uit, sê hulle.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.