Baie diep sein kan vermiste vlug MH370 ‘onbereikbaar’ maak

Deel op

mh3703Die skepe wat op soek is na die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines het seine opgetel wat soortgelyk is aan dié van ‘n “swartkassie” of vlugopnemer.

Die “ping” is glo 4,500 meter diep wat dit feitlik “onmoontlik” sal maak om na die oorblyfsels van die vliegtuig te kan soek.

Dis egter nie seker of die vlugopnemer behoort aan die Boeing 777 met 239 passasiers wat sedert 8 Maart vermis word nie.

Die verdwyning van die vliegtuig bly ‘n raaisel, aangesien dit byna onmoontlik is weens gesofistikeerde tegnologie om sonder enige spoor weg te raak.

Familielede van die passasiers is ontstoke omdat owerhede volgens hulle nie eerlik is oor die omstandighede rondom hoe die vliegtuig presies vermis geraak het nie.

China het reeds aangedui dat hulle nuwe satelliete in die lugruim sal instuur omdat die VSA nie betroubare inligting kon openbaar oor waar die vliegtuig kan wees nie.

Vlug MH370 het naby die Amerikaanse militêre lugbasis in die Indiese Oseaan, Diego Gracia, soek geraak.

Daar was ‘n span wetenskaplikes aan boord wat navorsing oor semi-geleiers gedoen het.

Angus Houston, hoof van die Australiese agentskap wat die soektog namens die VSA hanteer, het Maandag gesê die seine is van die belowendste leidrade wat tot nog toe opgeduik het.

Dit sal nietemin verskeie dae neem voordat vasgestel kan word of die seine wel afkomstig is van vlug MH370.

Nege militêre en drie burgerlike vliegtuie asook 14 skepe sal die soektog voortsit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.