Nigerië steek SA verby as grootste Afrika-ekonomie

Deel op

nigeriaNigerië het Suid-Afrika verbygesteek as Afrika se grootste ekonomie nadat die land syfers oor sy bruto binnelandse produk bekendgemaak het.

Volgens Nigerië se minister van Finansies was die BBP vir 2013 gelykstaande aan 510 miljard dollar, het RSG berig.

Dit is 40 persent meer as die vorige berekening van 292 miljard dollar. Suid-Afrika se BBP staan op 353 miljard dollar.

Nigerië sluit nou bedrywe in soos telekommunikasie, inligtingstegnologie, musiek, lugrederye en rolprentproduksies wat voorheen nie deel van die berekeninge was nie.

Nigerië se onlangse groeikoers van ses persent is ook ver beter as Suid-Afrika wat sukkel om ‘n groeikoers hoër as drie komma vyf persent te bereik.

Waarnemers het egter gewaarsku dat die syfers misleidend kan wees.

Die BBP per kapita is in Suid-Afrika aansienlik hoër en dat die verspreiding van welvaart in albei lande uiters oneweredig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.