Skoor sal binnekort oor D-rekening verslag doen

Deel op
Thandi het geen saak met die armes nie
Thandi het geen saak met die armes nie

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, in Noordwes sal aanstons bevindinge oor ‘n ondersoek na die mynrekening in die provinsie, bekend as die D-rekening, bekend maak.

Honderde miljoene rand is deur vier mynmaatskappye vir gemeenskapsontwikkeling inbetaal in die D-rekening.

Skoor se ondersoek maak deel uit van ‘n drieledige ondersoek, met die Openbare Beskermer en die Ouditeur-Generaal wat ook ondersoek instel.

Die rekening is nog nooit ge-oudit sedert die ANC aan bewind gekom het nie. Die rekening is na bewering tans dolleeg.

Die voorsitter van die komitee sê die ondersoek is vertraag deurdat dokumentasie glo “laat” van belangehebbendes ontvang is.

Mynmaatskappye het sedert die apartheidsjare tantieme betaal aan sowat 100 tradisionele leiers om op hulle grond te myn. Hierdie gelde is gedeponeer in ‘n trustrekening bekend as die D-rekening wat nou beheer word deur die Noordwes-regering.

Meer as 243 miljoen rand alleen is sedert 2007 in die rekening inbetaal.

Een van die stamgemeenskappe, die Bapo ba Mogale naby Brits, het amper niks om te wys vir die honderde miljoene wat deur mynmaatskappye hul naam inbetaal is nie.

Die Bapo-stam woon by Marikana, Brits waar Lonmin sy mynbedrywighede het.

Lonmin sê hulle het reeds R372.9 miljoen in die D-rekening inbetaal maar die Bapo-stam het byna niks daarvan gekry nie.

Dit blyk egter dat R151 miljoen onttrek is uit  D-rekening in die naam van die Bapo-stam.

Dit het vrese laat ontstaan ​​dat honderde miljoene reeds verdwyn het uit die rekening.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.