Vavi terug in sy pos na hofuitspraak

Deel op
Vavi
Vavi

Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, sal Maandag terug wees op kantoor, nadat sy skorsing ongeldig en onwettig verklaar is.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag beslis dat sy skorsing uit die vakbond nie geldig en wettig was nie.

Vavi is in Augustus deur die vakbondfederasie geskors weens ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n junior-kollega nadat hy eers van verkragting beskuldig is. Die kollega het egter nooit ‘n klag van verkragting teen Vavi gelê nie.

Cosatu se bestuur sal Dinsdag vergader om te besluit of die federasie verdere stappe gaan doen ná Vavi se skorsing ter syde gestel is.

Die woordvoerder vir Cosatu, Patrick Craven, het vroeër gesê hulle sal die uitspraak bestudeer om te besluit of verdere regstappe gedoen sal word.

Nege vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, het Maandagoggend by Cosatu-huis in Johannesburg byeengekom om die vakbondfederasie se hoofsekretaris terug te verwelkom.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het Vavi deurentyd ondersteun het nadat faksies binne die organisasie ‘n veldtog geloods het om van hom ontslae te raak.

Numsa het op ‘n vergadering in Durban laat blyk dat Vavi steeds geteiken word en dalk weer deur die federasie geskors kan word. Cosatu-leiers vergader môre om te besluit of daar verder teen Vavi opgetree gaan word.

Cosatu se tak in Noordwes beplan om die week ‘n optog na die myngebied op Rustenburg te hou teen die arbeidsonrus in die platinumgordel.

Die vakbondfederasie se provinsiale sekretaris, Solly Phetoe, het die aankondiging op ‘n gebedsdiens in die Olympiastadion op Rustenburg gedoen dat hulle vrede en bestendigheid sal nastreef.

Hy het alle rolspelers in die sektor genooi om deel te word van die Mynmisdaad-bekampingsforum, ‘n inisiatief van adjunk-president Kgalema Motlanthe.

Phetoe sê verskeie gevalle van intimidasie van nie-stakende mynwerkers is tydens Amcu se loonstaking is aangemeld.

Die staking wat deur die meerderheidsvakbond Amcu in die platinumbedryf uitgeroep is, is nou reeds in sy derde maand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.