Bentley-skootrekenaar kos R150 000

Deel op

Image

Bentley se Ego Exclusive-skootrekenaar

Die Britse motorskou was nie net ‘n plek waar nuwe motors en tegnolgie bekendgestel is nie, nee samewerking tussen luuksegoederevervaardigers en motormaatskappye het ook ‘n hele paar interresante verskynsels na vore gebring. Bentley, die Britse aristokraat, het in samewerking met Ego die T3 Exclusive-skootrekenaar bekendgestel.

Deel op
Die rekenaar word net soos die motors met die hand gebou. Die omhulsel is in egte Bentley tradisie met regte handgestikte leer oorgetrek. Die skootrekenaar word deur Microsoft Vista aangedryf. Daar is ‘n 64-greepmoederbord met ‘n 160-gigagreephardeskyf. Die blikbrein bevat ook 12 direktetoegangsleutels wat jou maklik en vinnig by dit wat jy soek kan kry. Die naam Exclusive spreek boekdele, want hierdie outjie sal jou sowat R150 000 uit die sak jaag. Nogal goedkoop as jy dink dit is ‘n Bentley.

Nuwe Renault Mégane

Image

Steelfoto van nuwe M?gane

Die ouens wat nuus luister sou verlede week gehoor het dat die Franse polisie die kantoor van ‘n sekere motortydskrif beset het en deursoek het vir enige steelfoto’s van die nuwe Renault Mégane. Die polisie in Frankryk het wel seggenskap daar, maar ons het tog van die steelfoto’s in die hande gekry. Die nuwe Mégane sal later vanjaar by die Franse motorskou bekend gestel word. Daar is 3- en 5-deurmodelle in die nuwe reeks met veskillende weergawes soos die afslaandak en die stasiewa wat ook beskikbaar sal wees.

Die motor word op dieselfde onderstel as die Nissan Qashqai gebou. Motors waarteen die uwe Mégane gemik is, is die Peugeot 308, Fiat Bravo and VW Golf.

Chrysler is nou op sy eie

ImageDie vennootskap tussen Mercedes en Chrysler is nou amptelik verby. Chrysler is nou ‘n private maatskappy. General Motors en Ford moet hulle aandele in die ope mark vrystel, maar nie Chrysler nie; hulle kan as hulle wil, maar is nie veplig nie. Die ander twee Amerikaanse motorvervaardigers het hewige verliese gely in die afgelope jaar en hulle moes dit openlik verklaar. Wel, Chrysler het net stilgebly want hulle is nie verplig om enige iets vir enige iemand te sê nie. Daar is net een probleem wat so 20% van Chrysler uitmaak en dit is Daimler; hulle verslag moes bekendgemaak word en volgens die verslag het Daimler sowat  €373 miljoen (R3 357 000 000) se verliese gely as gevolg van Chrysler se aandeel. Chrysler wou juis nie die indruk skep dat hulle op die rand van die afgrond is nie deur die verliese as foute af te maak wat hulle toeskryf aan die verskillende rekenkundige stelsels in Europa en Amerika. Volgens hulle is die verliese meer in die omgewing van €65 miljoen oftewel R585 000 000.

Max Mosley glimlag

Image

Max Mosley

Die bekende in die Formule-eenwêreld het skadevergoeding van £60,000 (R1 miljoen) gekry nadat hy die saak teen die “News Of The World” gewen het.

Mosley is afgeneem waar hy in ‘n seksorgie met vyf prostitute betrokke was, die video-opname is op die internet deur NOTW uitgesaai en as ‘n “Nazi”-optrede beskryf. Natuurlik het Mosley nie daarvan gehou nie.

Mosley het erken dat die dade wel plaasgevind het, maar ook bevestig dat daar geen “Nazi”-ondertone was nie en dat dit met die toestemming van alle partye geskied het. Mosley het ook gesê dat enige iemand op sy privaatheid geregtig is en dat NOTW sy privaatheid geskend het. Hy het verder aangevoer dat ‘n sterk uitspraak teen dié soort skending van privaatheid nodig was en dit het net vir die wêreld gewys dat koerante nie net kan doen wat hulle wil nie.

тамбов разъемы,Данильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.