Gautrein-busbestuurders staak

Deel op

gautrain+busDie busbestuurders wat die toevoerbusse vir die Gautrein beheer, het so pas ‘n onbeskermde staking in Johannesburg geloods, volgens Bombela, die Gautrein se bestuursmaatskappy wat vanoggend ‘n verklaring uitgereik het.

“Ek het nog nie enige besonderhede oor waarom die staking plaasvind nie, wat enkele ure gelede begin het,” sê die woordvoerder vir Bombela, Errol Braithwaite.

“Dis geheel en al ‘n wilde staking, aangesien die maatskappy geen stakingskennisgewing van die werkers ontvang het nie.”

Busse in Pretoria funksioneer steeds normaal op Vrydag.

Volgens Braithwaite word daar reeds onderhandelings met die bestuurders gevoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.