Polisie arresteer boervrou wat terugskiet op plaasaanvallers

plaasmoordeDie polisie het ʼn wit boervrou wat op gewapende swart aanvallers geskiet het, in hegtenis geneem. Sy het glo een van die verdagtes gewond.

Die gesin is Woensdagaand omstreeks 21:00 by hul plaashuis deur drie swarte gewapende misdadigers aangeval.  Die jongste plaasaanval word verbind aan nog ʼn aanval op ʼn bejaarde egpaar sowat drie weke gelede.

Die vrou het die gesin in hul plaashuis in Ugie in die Oos-Kaap probeer verdedig tydens die aanval waarin haar man en dogter geskiet is.

Die boer, sy vrou en hul tienerdogter was saam tuis toe die aanval plaasgevind het. Die aanvallers het eers aan die deur geklop en dit daarna oopgebreek.

Nadat die pa en sy dogter geskiet is, het die vrou haar man se vuurwapen gegryp en op die aanvallers losgebrand.  Die meisie is in die bors geskiet, en haar pa is in die been geskiet.

Die polisie het ná die voorval die vrou in hegtenis geneem omdat sy haar man se vuurwapen hanteer het. Sy is eers vrygelaat toe daar met regstappe teen die polisie gedreig is.

Die slagoffers het gebrekkige mediese sorg in Maclear ontvang, omdat ʼn ambulans nie genoeg brandstof gehad het om hulle na die hospitaal in Queenstown te vervoer nie en geen dokter om na hulle om te sien nie.

Die drie swart verdagtes is steeds nie in hegtenis geneem nie. Hulle het glo in ‘n wagtende taxi gevlug.

Die boer en sy dogter is in ‘n ernstige toestand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.