Veertig vas vir oproer by Bloemhof

Deel op

tyres2Die polisie het 40 mense by Bloemhof in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Die gewelddadige oproer was teen buitelanders en die burgemeester van Lekwatemane, Moeder Makodi gemik.

Oproerige inwoners van die Boitumeleng-township het Woensdagaand ‘n aantal eiendomme beskadig wat aan die burgemeester behoort.

Die woedende skare het die bedanking van die burgemeester en haar raad geëis.

Winkels wat aan buitelanders behoort is ook geplunder. Die buitelanders is deur die polisie is na ‘n plek van veiligheid gebring, terwyl inwoners besig was om ‘n vergadering te belê.

Die betogers sê die munisipaliteit is nepotisties, korrup en het hulle van gebrekkige dienslewering beskuldig.

Inwoners sê dienslewering het nog nie in die gebied sedert 1994 verbeter nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.